Privaatheidsbeleid

Laaste Verander: 01 October 2013

Vir ons gaan dit alles oor privaatheid. Ja, ons het uitstekende tegnologie, tegnies gevorderde sagteware en so aan, maar wat werklik tel is ons vermoŽ om ons lede van 'n veilige, sekuur en private omgewing te voorsien.

1. Versamelde Inligting

Wanneer jy as 'n lid registreer en jou profiel opstel, word sekere inligting benodig. Dit sluit in persoonlike identifiserende inligting soos jou naam en e-posadres. Hierdie inligting word op ons stelsels gestoor, maar GEEN persoonlike identifiserende inligting word ooit in jou openbare profiel vertoon of ingesluit in enige kommunikasie tussen lede wat deur die werf gestuur word nie.

2. Inligting Op Datum Hou

Jy kan al jou persoonlike inligting vrylik op datum hou, insluitend jou skuilnaam, e-posadres, ligging, wagwoord en alle profiel besonderhede. Ons moedig jou aan om jou gegewens op datum te hou.

3. Jou Wagwoord

Dit is uiters belangrik dat jy jou wagwoord veilig hou om enige ongemagtigde toegang tot jou persoonlike inligting te verhoed. As jy enigsins dink dat jou wagwoord in gedrang gestel is, VERANDER dit onmiddellik.

4. Koekies

'n Koekie is 'n stuk data wat op jou hardeskyf gestoor is en ons toelaat om jou rekenaar van een bladsy toegang na die volgende een te gee. Ons gebruik net sessie koekies wat ontwerp is om nie-permanent of aanhoudend te wees. Die sessie koekie is so ontwerp dat dit eenvoudig eindig sodra jy jou blaaier toemaak. As jou blaaier gestel is om koekies te verwerp, sal jy sommige, maar nie alle gedeeltes van die werf kan gebruik nie. Byvoorbeeld vereis die aantekenproses en alle ledefunksies dit dat jou blaaier koekies aanvaar. Ons beveel aan dat blaaiers nŠ gebruik op gedeelde rekenaars toegemaak word.

5. Verwydering Van Jou Inligting

Jy het die keuse om jou profiel te verwyder. Neem asseblief kennis dat dit al jou inligting permanent verwyder. Geen data sal op ons stelsels agterbly nie, met die uitsondering van persoonlike korrespondensie of ondersteuningsnavrae wat aan ons gestuur is, wat op lÍer gestoor mag wees.

6. Persoonlike Korrespondensie

Korrespondensie wat aan ons gestuur word, insluitend e-pos en briewe, sal op lÍer aangehou word met toegang beperk tot ons gemagtigde personeellede.

7. Openbaarmaking Van Jou Inligting

  • Ons sal nie enige inligting van jou openbaar sonder jou toestemming nie.
  • Ons sal nie enige lid se besonderhede aan enige ander lid bekend maak nie - moenie eens vra nie.
  • Ons sal nie jou inligting aan enige derde party verkoop, verhuur of gee nie.
  • Ons sal jou inligting net openbaar maak as ons wettiglik verplig word deur 'n statutÍre gesag met die gepaste jurisdiksie.

8. Geen Rommelpos Beleid

Geen Rommelpos nie, nie nou nie of ooit nie! Jy sal e-pos van ons ontvang en mag naamlose e-posse van ander lede ontvang. Ons sal egter nooit jou naam aan enige derde party voorsien, verkoop of verhuur nie.

9. Interne Gebruik van Inligting

Ons mag jou inligting intern gebruik om ons dienste en inhoud te verbeter, werfgebruik te ontleed, ens. Dit sal net deur gemagtigde personeellede gedoen word. Ons mag persoonlike identifiseerbare inligting gebruik om foute mee op te spoor en om ons bepalings en voorwaardes in te stel.

10. Vertel 'n Pel Dienste

Ons werf sluit verskeie 'vertel 'n pel' dienste in. Jou vriende sal nooit ongevraagde e-pos van ons ontvang nie en, sodra jou 'vertel 'n pel' e-pos gestuur is, sal hulle nooit weer van ons hoor nie, tensy hulle verkies om self ook lede te word. Jy mag nie die 'vertel 'n pel' dienste gebruik om rommelpos te stuur nie.

11. Deel Op Sosiale Netwerke

Ons lede en werf se besoekers het die keuse om 'n profiel waarvan hulle hou te deel met hulle vriende op sosiale netwerke soos Facebook, Twitter, ens. Ons sal nooit enige lede se persoonlike besonderhede wat nie vir die openbaar sigbaar gestel is op hulle profiele, vir die publiek wys nie.

12. Sekuriteit

Ons tegniese span doen hulle allerbeste om die sekuriteit van ons stelsels te verseker. Internet Sekuriteit is 'n ingewikkelde onderwerp en geen stelsel kan as 100% veilig beskou word nie. As 'n sekuriteitsbreuk sou ontwikkel onderneem ons om dit so vinnig as moontlik op te los. In die onwaarskynlike geval van 'n sekuriteitsbreuk kan ons egter nie verantwoordelikheid aanvaar as lede se besonderhede in gedrang gestel sou word nie.

13. Teken aan met Sosiale Netwerk Rekeninge

Ons bied 'n vinnige en maklike metode vir lede om aan te sluit of aan te teken met 'n sosiale netwerk rekening, bv. Facebook. Die enigste rede hiervoor is op die aansluitingsproses te bespoedig; geen verwysings of inhoud van VryNet sal na jou sosiale netwerk rekening of tydslyn gepos word nie. Verwys na die 'Deel Op Sosiale Netwerke' afdeling vir geleenthede waar jy mag toestemming gee om nuwighede te pos op jou sosiale netwerk rekening of tydslyn.

14. Veranderinge aan Hierdie Beleid

As ons materiŽle veranderinge aan ons privaatheidsbeleid sou maak, sal hierdie veranderinge gepos word op ons privaatheidsbeleid bladsy. Jy behoort hierdie bladsy gereeld dop te hou vir veranderinge.