Suksesverhale
Stuur jou suksesverhaal. As ons jou suksesverhaal publiseer sal jy 'n gratis subskripsie ontvang wat jy vir 'n vriend kan gee.
										Tussen al die duisende profiele het hy my oog gevang...ons het begin gesels...kontak gemaak...and the rest is history soos hulle sal sê...♡
									
									
										, 24 Julie 2025									
								
										Ons het op Flikvlooi begin gesels en later selnommers uitgeruil. Nadat ons albei gemaklik met mekaar was het ons ontmoet en baie lekker gekuier. Ons is nou getroud.
									
									
										, 22 Junie 2025									
								
										Ek het my hartsmaat op Flikvlooi gevind en us baie gelukkig. Ons deel dieselfde waardes en kuier gereeld. Ek glo Abba Vader het ons bymekaar gebring deur hierdie medium.
									
									
										, 20 Junie 2025									
								
										Hi julle, ek het n ou skoolmaat weer hier ontmoet. Dit was nogal n verrassing.  Geweet van mekaar dat hy ook geskei was, maar het nie geweet nie hoe om hom te kontak nie. Ons is 4 weke saam. En dit voel ongelooflik goed. Dankie
									
									
										, 11 Junie 2025									
								
										Ons het hier begin gesels en op Sondag 18 Mei 2025 ontmoet.
Van die begin van ons gesprekke het ons met baie dinge ooreengestem
Met die ontmoeting was dit liefde met die eerste oog op slag.
									
									
										, 20 Mei 2025									
								
										Baie dankie vir hierdie webwerf, ek het regtig nooit kon dink dat ek my pasmaat hier sal vind nie. Ek is so tevrede hoe hy op my pad gekom het en ons altwee dien God saam, ons het God eerste geplaas voor ons enige besluite doen. Hy het soveel respek vir my en verstaan my voorwaardes 100%
									
									
										, 8 Februarie 2025									
								
										Baie dankie Ek het vasgesit nou en dan maar julle het gehelp, bravo goeie dines!!!
									
									
										, 26 Januarie 2025