In sy eie woorde...
Oor Hom
Ek is net ʼn doodgewone man, met geen geite nie.
My Christenskap en die uitleef daarvan is vir my baie belangrik
Bou my lewe op Sy krag en genade en dank Hom vir alles in my lewe.
Jy sal jou nooit vir my hoef te skaam nie. Ek is maklik aanpasbaar en kan by enige situasie inskakel, van langs jou by ʼn vuur in die Namib tot by enige deftige geleentheid. Hou van vleisbraai en geniet daarmee saam ʼn heerlike wyn of om net rustig om ʼn hardekool vuur te sit en die natuur en sy grootheid te geniet. Hou van kamp en reis en geniet dit om deur Namibië of ons eie land te toer. Europa lê my na aan die hart en ʼn kuier daar is altyd ʼn wenner.
Die regte persoon sal bederf word, nie noodwendig net met aarde se goed nie maar wel met die klein dingetjies wat saak maak. Jy sal meer as genoeg liefde ontvang maar dan moet jy ook spontaan liefde kan gee en uitdeel. Is ʼn aanraak mens en hou daarvan om baie aan my maat te vat..
Ek het ʼn wye belangstelling in verskeie onderwerpe en stokperdjies.
Is kunstig en kreatief, en hou my besig met houtwerk, kunsprojekte en fotografie.
Ek het ʼn goeie sin vir humor, het waardes, is eerlik en betroubaar. Sal baie doen vir die Spesiale persoon in my lewe.
Ek versorg myself baie goed en is baie netjies op myself en my leefarea en is geseënd met goeie gesondheid en energie. Sal my nie uitgee as ʼn kok nie maar kan darem vleisbraai en vir myself sorg.
Glo aan persoonlik ontmoetings wat dan gebruik moet word om te bepaal of daar raakpunte is waarna elkeen die reg het om te sê hoe hy/sy voel en onttrek indien nodig.
Nou ja....,.
As jy meer wil weet,
Moet dan nie vergeet
Om my vir koffie te nooi
Dalk sien ons inmekaar iets mooi
Sy Ideale Pasmaat
Ons is nou eenmaal net nie gebou om alleen te wees nie en daarom soek ek ʼn maatjie wat die volgende eienskappe besit.
Sy moet eerstens haar Skepper ken en Hom Liefhê bo alles, ja selfs liewer as die persoon in haar lewe.
Soek na ʼn aantreklike, goedversorgde vrou, wat nie rook nie, baie netjies op haarself en haar omgewing is. Moet smaakvol en modern, nie noodwendig duur, kan aantrek.
Moet lief wees vir die lewe, vriendelik, vol energie, nederig en lewenslustig. Moet uiters romanties, sensueel en sag wees.
Moet bereid wees om alles saam te doen, van kosmaak, werk, speel, ja net alles met mekaar deel, ook die hartseer en mooi dinge wat ons beleef. Moet baie aanraking en liefde kan hanteer en kan uitdeel.
Sy moet ook groot genoeg wees om te besef dat ons almal foute kan maak.. En indien ons val moet die ander een daar wees om sy maat op te tel, op die manier kan ons die wedloop van die lewe voltooi. Daarom is kommunikasie baie belangrik en as daar haakplekke is moet ons dinge kan uitpraat en tot ʼn kompromie kom wat beide partye pas. Moet lief wees vir die natuur, braai, buitelewe en kamp en moet ʼn wyn of bier op sy tyd kan geniet. As jy hou van fotografie en kunsprojekte sal dit ʼn bonus wees.
Stel nie beland in jou akademiese kwalifikasies of wat jy bereik het in die lewe nie, want dit bepaal nie jou karakter nie.
In kort ek soek ʼn maatjie, ʼn vriendin, ʼn geesgenoot, minnares
Geen dames wat aan depressie of Bipolêre versteuring ly nie asb..
Kom sit hier by my met ʼn glasie wyn,
terwyl die son op die horison kwyn.
Dan staar ons na die son se ondergang,
en ervaar intimiteit sonder omgang.
Wat Sy Vriende Sê
ReposAilleurs het nog nie enige aanbevelings van vriende af nie.
Oor Hom
Land van Oorsprong: |
Suid-Afrika | |
Ligging: |
Ladismith (Van Wyksdorp), Wes-Kaap, Suid-Afrika | |
Geslag: |
Manlik | |
Ouderdom: |
72 | |
Sterreteken: |
Weegskaal | |
Lengte: |
172cm (5' 7.7") | |
Liggaamstipe: |
Gemiddeld | |
Uiterlike: |
Gemiddeld | |
Haarkleur: |
Grys | |
Oogkleur: |
Blou-Groen | |
Ras: |
Blank / Kaukasiese | |
Huistaal: |
Afrikaans | |
Ander Tale: |
Engels | |
Geloof: |
Christen / Protestant | |
Verhoudingstatus: |
Enkellopend | |
Opsoek na: |
Aktiwiteitsmaats; Vriende; Oop vir moontlikhede; Langtermyn | |
Het Kinders: |
Ja, bly nie by my nie | |
Wil Kinders Hê: |
Vra my later | |
Daaglikse Dieet: |
Eet meeste kosse | |
Rookgewoontes: |
Nieroker | |
Drinkgewoontes: |
Sosiale drinker | |
Geleerdheid: |
Vra my later | |
Beroep: |
Afgetree | |
Inkomste: |
Gemaklik |
Sy Ideale Pasmaat
Land van Oorsprong: |
Suid-Afrika | ||
Ligging: |
Enige plek in Wes-Kaap, Suid-Afrika | ||
Geslag: |
Vroulik | ||
Ouderdomskaal: |
60 - 73 | ||
Sterreteken: |
Enige | ||
Lengte: |
140cm (4' 7.1") of korter - 172cm (5' 7.7") | ||
Liggaamstipe: |
Slank; Gemiddeld; 'n Paar ekstra kilo's | ||
Uiterlike: |
Baie Aantreklik; Gemiddeld; Aantreklik | ||
Haarkleur: |
Enige | ||
Oogkleur: |
Enige | ||
Het 'n Foto: |
Nieonderhandelbaar | ||
Ras: |
Blank / Kaukasiese | ||
Huistaal: |
Afrikaans | ||
Ander Tale: |
Engels | ||
Geloof: |
Christen / Protestant | ||
Verhoudingstatus: |
Enkellopend; Geskei; Wewenaar / Weduwee | ||
Het Kinders: |
Ja, bly nie by my nie | ||
Wil Kinders Hê: |
Enige | ||
Daaglikse Dieet: |
Enige | ||
Rookgewoontes: |
Nieroker | ||
Drinkgewoontes: |
Sosiale drinker | ||
Geleerdheid: |
Enige | ||
Beroep: |
Enige | ||
Inkomste: |
Solvent |
- Glad nie belangrik nie
- Effens belangrik
- Redelik belangrik
- Oorwegend belangrik
- Nieonderhandelbaar
Meer Oor Hom
ReposAilleurs moet nog hierdie afdeling se opsionele vrae beantwoord: meer oor hom.